Ek is sy

Regdeur die Bybel speel vroue ’n belangrike rol. Sommige het in verhouding met God gestaan, terwyl ander weer hulle rug op Hom gedraai het. Soms het hulle ook met God geworstel. Hulle was vroue met verskillende dimensies, veelkantig en uniek, vroue met verskillende lewensomstandighede. En God het ’n pad met hulle gestap. Kom, ontmoet die vrou in die Bybel